Welkom by AMSA se interne webbladsy

Vir AMSA as 'n diensorganisasie in die finansiŽle sektor  is kommunikasie tussen hoofkantoor en sy vergundes van die grootste belang en 'n prioriteit. 

Hierdie interne webbladsy is die plek waar Hoofkantoor vir  u van belangrike inligting wil voorsien om u besigheid optimaal te bedryf en te bemark  - dit moet ook die forum wees waar u met vrymoedigheid met Hoofkantoor en die res van die groep kan kommunikeer, sodat ons u suksesverhale,  wenresepte en wenke kan publiseer en met u mede-vergundes kan deel.

Aangesien AMSA om praktiese redes na 'n stelsel van uitsluitlik elektroniese kommunikasie beweeg, word u aangeraai om oor doeltreffende elektroniese kommunikansie te beskik.  Bestelvorms, opleidingstukke ens sal voortaan slegs op die webbladsy beskikbaar wees.

Let asseblief daarop dat die inligting in hierdie interne gedeelte vervat, vertroulik en eksklusief tot die beskikking van lede van die AMSA-groep is.  Deur die vertroulike kode in te sleutel en toegang tot die interne webbladsy te verkry, onderneem u om die inligting op 'n hoogs vertroulike basis te hanteer, en om dit nie aan enige buitestaander te openbaar nie.

Enige wenke en voorstelle om die webbladsy te verbeter sodat dit nog beter aan u behoeftes vir deurlopende kommunikasie met die groep kan voldoen, sal hoog op prys gestel word.

Let ook daarop dat die openbare gedeelte van die webbladsy vir enige persoon toeganklik is, en kan dien as inligting vir belangstellendes in die bedryf, joernaliste en persone wat oorweeg om moontlik by die AMSA-groep in te skakel.  Stel hierdie "oop" gedeelte van die webbladsy asseblief so wyd as moontlik bekend.

Dankie vir u samewerking om 'n sukses van doeltreffende interne kommunikasie in die AMSA-groep te maak.